Erediens - 06 April 2025
Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Jesaja 43:19
Tema: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Kan julle dit nie besef nie?”
Ons verlede vorm ’n belangrike deel van wie ons is. Dit gee konteks, identiteit en herinneringe. Waar jy vandaan kom, beïnvloed wie jy vandag is – maar dit hoef nie te bepaal waarheen jy oppad is nie.
Te dikwels hou ons aan die verlede vas op ’n manier wat ons verhinder om God se nuwe drome vir ons lewe raak te sien. Ons verlang na wat was, of ons bly vasgevang in pyn, skuld of gemiste geleenthede.
Maar God roep ons om opnuut te kyk. Hy is besig om iets nuuts te doen. Selfs al is dit nog nie duidelik nie – dit is besig om te groei.
Ons word uitgenooi om ons verlede te eer, maar nie daarin vas te bly nie. Om met hoop en vertroue vorentoe te beweeg na die toekoms waaroor God vir ons droom. ’n Toekoms van lewe, van nuwe begin, van heling en hoop.
Mag jy dit raaksien. Mag jy dit waag om saam met God vorentoe te beweeg.