Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

Loading player...
I PETRUS 3

13En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?
14Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
15Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;
16met behoud van 'n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.
17Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.
18Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
30 Mar 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 2 Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana. 1EN op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. 2En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. 3En toe daar wyn kortkom, sê die…
21 Apr 2AM 21 min

Sondagaand Erediens - Ds Graham Read

I KORINTHIËRS 15 Die opstanding. 1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs…
20 Apr 1PM 31 min