Dankbaarheid is 'n vorm van aanbidding

Loading player...
*Spreeklewe
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag (1 Tessalonisende 5:18).
Van al die maniere om God te aanbid, is dankbaarheid waarskynlik die een wat die meeste misgekyk word. Een van die geheime van ‘n gelukkige lewe is dankbaarheid. As ek en jy dit kan reg kry om met dankbaarheid te leef, verander dit die wêreld vir ons. Begin ons verby die dinge kyk wat die lewe vir ons moeilik maak en sien ons die seën wat ons het raak. Die gawe van dankbaarheid word deel van ons lewe wanneer ons ten volle besef wat God vir ons uit genade gedoen het en dit ons dryfkrag word om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
12 Mar Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

#KomOnsPraatDaaroor - 23 April

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
23 Apr 44 min

Spreeklewe - 'n Tyd vir Stilword

Jesjaja 40:31 maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. Lydenstyd is ’n tyd van bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Hoewel daar in hierdie tyd nagedink word…
9 Apr 7 min