Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis

Loading player...
Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek.

Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 – Versoening en Geregtigheid” sluit hiervoor aan by Kollig-aanbieder, Heléne Meissenheimer.

Lubbe praat ondermeer oor die pastorale brief (lees meer via webskakel onder) wat die dagbestuur van die moderamen van die Algemene Sinode vandeesmaand aan gemeentes gestuur het. Hy het gesê dié skrywe kom weens ’n besorgdheid oor wat wêreldwyd gebeur, maar ook in ons land en die effek daarvan asook hoe daarop gereageer word.

Greyling vertel meer oor waarmee hierdie taakspan besig is terwyl dr Koorts, in die lig van die oorspoel van onlangse gebeure in die VSA na Suid-Afrika, die konteks skets van twee lande se groepe geloofsgemeenskappe en wat hulle met mekaar in gemeen het.

Geen geloofsgemeenskap staan in isolasie nie, het sy gesê. “So jy sien al meer dat Suid-Afrikaanse Christene hulle begin vereenselwig met Christene in die VSA, maar baie bepaalde groeperinge en dat dit deurspoel na al ons gemeentes toe,” het Koorts, lektor by die Universiteit van Pretoria, uitgebrei.

Webskakel: https://kerkbode.christians.co.za/2025/02/14/pastorale-brief-februarie-2025-ons-skryf-uit-%ca%bcn-diepe-besorgdheid-aan-julle-met-%ca%bcn-hartsgebed-dat-god-hom-oor-ons-almal-sal-ontferm/
21 Feb Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz

Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat…
8 Apr 30 min

Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van…
7 Mar 41 min

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min