Saterdag Oggenddiens - Pastoor Eugene du Randt

Loading player...
MATTHÉÜS 5

Die bergpredikasie. Die saligsprekinge.
(Lk. 6:17-49.)
1EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;
2en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:
3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
4Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
5Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
6Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
7Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
8Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
9Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
10Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
11Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
12Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
Bergpredikasie (vervolg). Die sout van die aarde en die lig van die wêreld.
13JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.
14 Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
15en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
16Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
15 Feb 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 2 Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana. 1EN op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. 2En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. 3En toe daar wyn kortkom, sê die…
21 Apr 2AM 21 min

Sondagaand Erediens - Ds Graham Read

I KORINTHIËRS 15 Die opstanding. 1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs…
20 Apr 1PM 31 min