
ONDERHOUD: STEFAN LÖTTER GESELS OOR SY LOOPBAAN AS AKTEUR
Loading player...
Welkom by Styleskoops. Ons gesels vandag met Stefan Lötter, ʼn jong man wat eers Ekonomie studeer het, maar altyd ʼn passie gehad het vir die kunste en toe radio omroeper geword het. In 2023 verruil hy die radio mikrofoon vir televisie en die verhoog. Hy maak ʼn draai voor die kameras as ʼn jong Gys Swarts in die Kyknet sepie Diepe Waters en is tans te sien op die professionele verhoog in die skreeusnaakse klug My Boetie se Sussie se Ou. Sy dae bestaan uit werk as eiendomsagent, woorde leer en toneelspeel. ʼn Besige skedule, maar een wat hy met ywer en passie aanpak. Stefan dankie vir die gesels vandag.