Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JOHANNES 17
Die gebed van Jesus vir sy dissipels.
1DIT het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik —
2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
3En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
5En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.
6Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
7Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.
8Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
10En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
3 Feb 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 2 Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana. 1EN op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. 2En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. 3En toe daar wyn kortkom, sê die…
21 Apr 2AM 21 min

Sondagaand Erediens - Ds Graham Read

I KORINTHIËRS 15 Die opstanding. 1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs…
20 Apr 1PM 31 min