
‘n Vroeë Valentynsdag op Fauresmith met Coenie de Villiers
Loading player...
Coenie de Villiers word allerweë erken as een van nie alleen Afrikaans se beste liedjieskrywers nie, maar een van Suid-Afrika se voorste klavier-maestro’s, sangers en komponiste. Hy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die debuut van sy nuwe vertoning: "Wie kan my se van die liefde?" wat die 12de Februarie in die nuut gerestoureerde Stadsaal op Fauresmith plaasvind. Kaartjies is by Lizzy beskikbaar: 071 603 7258