Bly boer: Episode 1 - Is jy uitgebrand of gereed vir 2025?

Loading player...
In die episode fokus ons op:

Hoe dit voel om om uitgebrand te wees.
Kan jy uitgebrand wees al het jy pas teruggekeer van vakansie.
Hoe weet jy tot hoeveel jy in staat is.
Brand boere makliker uit as mense in ander beroepe.
Watter strategieë kan boere toepas om uitbranding te voorkom.
Wat is die rol van bv. boereverenigings om boere te help om balans te handhaaf.
Wenke om nie in 2025 uit te brand nie.
Die potgooi-episodes word elke Vrydag om 17:00 lewendig gemaak.
24 Jan Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

LUISTER: ‘Passie en fokus nodig vir sukses’ – Johann Krige

Johann Krige, mede-eienaar van Kanonkop, een van die voorste Suid-Afrikaanse wynplase, glo hulle verkoop nie wyn nie, maar ’n leefstyl. In sy gesprek met Johan Beukes sê hy ’n mens moenie die wiel probeer herontwerp nie, maar doen dít waarmee jy goed is. In die episode sal jy meer hoor…
18 Apr 17 min

LUISTER: Danie Bester gaan nie sý tassies vir Amerika pak nie

Danie Bester, bekroonde mielie-en-sojaboer van die plaas Rietbult in die Balfour-distrik, is datagedrewe, leergierig en gaan draai gereeld in Amerika. Hy gesels oor geen reën, te veel reën en alles tussenin.veerkragtigheid in moeilike tye, sy belewenis van boerdery in Amerika en sy keuse om nie sy tassies te pak nie.
11 Apr 23 min

LUISTER | ‘Om te bly hoop’ – Willie Nel en Isabel Arangies

’n Fees vir die oog, rus vir jou siel en vuurhout vir môre – dit is die plaas Moolmanshoek. Eienaar Willie Nel en Isabel Arangies, sy dogter, vertel hoe hulle aanhou boer. Johan Beukes gesels in dié episode van die Bly Boer-potgooi oor die herstelpad wat hulle op die plaas…
28 Mar 19 min

LUISTER | ‘Boer is my passie en plesier’ – Wikus Bekker

Vir Wikus Bekker, Dohne-Merino-boer van Edenburg en 2023 se Voermol Skaapboer van die Jaar, is boerdery nie ’n werk nie, maar ’n plesier. Johan Beukes gesels in die nuutste episode van die Bly Boer-podsendingreeks met Wikus oor sy passie vir teling, toewyding en meelewing, en wat hom inspireer om aan…
21 Mar 16 min

LUISTER | Haal die angel uit aftree – Theo Vorster

Hoewel die hegtheid van ’n gesinstruktuur ongetwyfeld ’n deurslaggewende rol in die veerkragtigheid van ’n familie-onderneming speel, kan ’n pa-en-seun- (of dogter!-) span ook unieke probleme ondervind as dit nie behoorlik verstaan en reg bestuur word nie.
14 Mar 23 min