Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni onder meer met Charlene Pretorius se seun, Jason Venter, oor wie sy ma was, wat hy oor die dag van haar dood en verhouding met die beskuldigde in die saak onthou en hoe geregtigheid vir hulle as familie lyk.
Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met die geliefdes van Daniël Botha (26) wat in 2018 so erg in ʼn nagklub aangerand is dat hy later breindood verklaar is. Tania Heyns, verslaggewer by Maroela Media, vertel ook meer oor wat alles in die hof gebeur het.
Dit is duidelik dat die polisie óf nie bewus is van die skikking wat in 2017 in die Noord-Kaapse hooggeregshof bereik is nadat Solidariteit regsaksie geneem het nie, óf dat die polisie die betekenis van die betrokke Grondwet-artikel verkeerd interpreteer, sê Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum.
Louis Liebenberg, die omstrede diamanthandelaar, het die naweek in ‘n oproep vanuit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria onder meer gepleit by sy beleggers om te help met sy regkoste. 'n Vertroueling van Liebenberg het die opname aan Maroela Media bevestig en gesê hy probeer die sakeman bystaan om ‘n…
Die DA sê pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die inwerkingstelling van die Bela-wet maak dit duidelik dat die DA se Siviwe Gwarube - as minister van basiese onderwys - die plig het om regulasies, norme en standaarde te ontwikkel wat die wetgewing gaan bestuur. Dit sluit in die omstrede…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.