Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

Loading player...
I PETRUS 1

Danksegging weens die hoop op die saligheid.
3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
4sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
5wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
6Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is — 'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,
7sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;
8vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap,
9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
12 Jan 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

JESAJA 2 Deur strafgerig tot verheerliking. 1DIE woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem. 2 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo…
29 Apr 2AM 14 min

Maandag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

JESAJA 1 'n Sondige volk word geoordeel. 1DIE gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda. 2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die Here spreek:…
28 Apr 2AM 13 min

Saterdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

MATTHÉÜS 28 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
26 Apr 2AM 17 min

Sondagaand Erediens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 10 Op die fees van die tempelwyding verklaar Jesus op 'n vraag van die Jode dat Hy die Messías, die Seun van God, is. Hulle wil Hom stenig. Hy gaan oor die Jordaan. 22EN dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter. 23En Jesus…
27 Apr 1PM 32 min

Vrydag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

KOLOSSENSE 3 Vermaning tot heiligmaking en broederlike liefde. 1 AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3Want julle het gesterwe, en julle…
25 Apr 2AM 16 min