
Aardkors
Loading player...
Het jy geweet dat die aarde ook ’n kors het? Dit is natuurlik hier waar ons woon: bo-op die kors! Die aarde bestaan uit drie hooflae: die kors, die mantel en die kern. Die mantel kan verder verdeel word in die boonste mantel en die onderste mantel, terwyl die kern ook uit twee dele bestaan, naamlik die buitekern en die binnekern.