Rapport Praat Sport | Saru-baas: Wêreld is jaloers op Bokke

--:--
In dié week se Rapport Praat Sport met Netwerk24 erken die grootbaas van SA Rugby, Rian Oberholzer, dit voel soms vir hom of daar jaloesie is oor Suid-Afrika se sukses. Dít nadat die rugbywêreld alweer knorrig is oor Rassie Erasmus se Bomb Squad. Oberholzer verduidelik ook waarom Suid-Afrika die 20-minuut-rooikaart-reël steun, en onthul Mark Alexander is gevra om te staan vir die pos van Wêreldrugby-voorsitter. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden bespiegel oor wie die nr. 10-trui teen Engeland gaan dra, en die voormalige Namibiese losvoorspeler Renaldo Bothma vertel hoe hy met depressie en alkoholmisbruik gesukkel het nadat sy loopbaan beëindig is deur ’n krokodilrol – soortgelyk aan die een wat die Skotse slot Scott Cummings ’n rooi kaart teen die Bokke besorg het. Zandberg Jansen 2.0 maak ook weer sy opwagting. Stuur gerus enige vrae of kommentaar na tinus.vanstaden@rapport.co.za.

Lees Al Rapport se sportberigte op Nettwerk24 by https://www.netwerk24.com/rapport
13 Nov Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Ackers onthul: Dís hoekom ek terugkeer na SA

Johan Ackermann sluit hom dié week by Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe rol by die Junior Springbokke. Hy verduidelik waarom hy dié pos aanvaar het, verklap ’n paar geheime van Japanse klubrugby en erken ’n pos…
20 Nov 31 min

Rapport Praat Sport | Rassie se snoeiproses: Die verskil tussen Faf en Cobus

Eers was dit ’n losskakel vir ’n haker. Nou ’n losvoorspeler vir ’n agterspeler... en selfs ’n losskakel vir ’n stut! Ons gesels oor Rassie Erasmus wat wéér interessante spankeuses maak. Jóhann Thormählen sê waarom Damian Willemse se afwesigheid die Bokke vanjaar minder hard tref as wat verlede jaar die…
30 Oct 32 min

Rapport Praat Sport | Basta met rugby se stampkar-rooies

Die Bulle het in albei hul laaste wedstryde rooi kaarte ontvang wat by nabetragting afgegradeer is na geel. Die besluit vandeesweek dat die haker Johan Grobbelaar nie werklik rooi moes sien nie, het egter te laat gekom om die Bulle van ‘n eenpunt-nederlaag te red. Met Wêreldrugby op die punt…
23 Oct 24 min