Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

Loading player...
MARKUS 1

12En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.
13En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.
Roeping van die eerste dissipels.
(Mt. 4:12-25 en ooreenk. pl.)
14 EN nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig
15en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
16En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
17En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.
18En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.
19En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.
20En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.
5 Jan 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Ben Bornman

KOLOSSENSE 3 13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
18 Jan 1AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Ben Bornman

I JOHANNES 3 17Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? 18My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in…
17 Jan 1AM 14 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Ben Bornman

I THESSALONICENSE 5 17 Bid sonder ophou. KOLOSSENSE 4 Vermaning om te bid en wysheid te betrag. 2 VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging;
14 Jan 1AM 14 min