
Spreeklewe - Hoop het 2 dogters
Loading player...
Die Kerkvader, Augustinus, het gesê dat hoop twee dogters het: woede en braafheid. Woede oor hoe die lewe lyk; en braafheid oor hoe die lewe kan (en behoort te) lyk. Lydingstyd konfronteer ons met hoop, woede en braafheid. Dinge kan anders lyk (hoop), maar waarom lyk dit nie anders nie (woede). En aan die Kerk is die braafheid gegee om dit te verander.