Boekkeuse - 29 August 23
Loading player...
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Talbot Cox,’n man van vele talente en welbekend in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld, het onlangs gedebuteer met sy eerste Afrikaanse publikasie, Agtergat se mense en hulle kaskenades en dinge – stories oor mense en hulle kontrei. Hy gesels vandag met Otto van der Walt.
Elmari Rautenbach kom vertel van die Skrywersprogram wat sy vanjaar op die Woordfees aanbied. Dis ‘n opwindende program met die belofte dat daar vir elkeen iets onvergeetlik sal wees.
Bill Nasson bespreek Vicky Heunis se Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog. Die verstommende kreatiwiteit en vakmanskap wat te sien is in dié kompakte, goednagevorste historiese werk, fokus op deursettingsvermoë eerder as op lyding of verlies. Dit is volgens Nasson waarskynlik die finale uitspraak oor hierdie aspek van die konflik tussen 1899 en 1902.
Joan Hambidge neem onder loep P.P. Fourie se roman, Ons skulde, ‘n boetedoening en vergifnis en Annemarié van Niekerk se memoire, Onder ‘n bloedrooi hemel – ‘n diep ontroerende persoonlike reis – van geweld na genade.
Zirk van den Berg se roman, Die gruwel van die gruwelsand, word deur Nadea Victor bespreek. Joan Hambidge bespreek ook Pieter Odendaal se digbundel, ontaard.