Boekkeuse - 15 August 23
Loading player...
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons fokus vandag is op ons luisteraars as lesers en ons bied graag besprekings aan van ‘n aantal voortreflike boeke in verskillende genres.
Joan Hambidge bespreek Sluitstuk deur Johann Rossouw, wat volgens haar “skerpsinnige kommentaar lewer op dit wat ons dink ons weet van Karel Schoeman.” Die roman, Oseaan tussen-in deur Jeanette Stals word deur Brenda Barlow bespreek – ‘n leeservaring wat vir haar opwindend was.
Bill Nasson se bespreking van die belangrike biografiese werk, oor Generaal Jan Smuts se betrokkenheid in die Eerste Wêreldoorlog, ‘n studie deur David Brock Katz kom ook aan die beurt. Hier is die tergende vraag oor hoekom Smuts tydens die Tweede Wêreldoorlog so hoog aangeslaan is en in die Eerste Wêreldoorlog onder kritiek deur geloop het.
Riette Rust het veel plesier gehad aan die lees van die raaiselroman, Blou moord, deur Francois Bloemhof, ‘n ware wie-doen-dit in die Agatha Christie tradisie.
Riette Rust bespreek ook Madeleine Rust se vertelling Van rus tot vrede waarin sy besinnend deel oor haar stryd met ongeneeslike kanker. ‘n Werk van inkeer en moed.
Joan Hambidge kom weer aan die woord met haar bespreking van Duisend-en-een nagte, Wium van Zyl se vertaling van die beroemde Irans-Nederlandse skrywer, Kader Abdolah se 1001 Naghte. Dit handel uitsluitlik oor vroue, oumas, vindingryke diensmeisies en verleidelike slavinne.