Sukses en welvaart - hoe ons as gelowiges daaroor dink

Loading player...
Dr. Johan Beukes gesels oor die ander kant van sukses en vertel meer oor wat hy uit gesprekke met bekendes geleer het. PJ Botha gesels oor jou reis na welvaart en ds. Rudi Swanepoel gee ‘n Bybelse perspektief op geld en sukses in hedendaagse tye.
25 Jul 2023 Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Bybelvroue en skaapboere

Skrywer Maretha Maartens gesels oor die Bybelvroue-omnibus Sarah & Hanna wat pas verskyn het. Filmvervaardiger Morné du Toit vertel meer oor die geloofstories in die gewilde KykNet-reeks Lamb Champs Die hart en siel van skaapboerdery. Righardt Kirsten gesels oor Pick Them Up en die werk wat hulle onder mishandelde vroue…
15 Apr 1 hr 33 min

Lesse wat ons by Bybelfigure kan leer

Lizette Murray gesels oor die belangrikheid van stilte in ‘n dawerende wêreld. Elize-Marie Muller vertel hoe ons deur middel van die verhale van 9 Bybelse karakters ons unieke doel in die lewe kan vind.
8 Apr 1 hr 31 min

Kos & kuns

Sanger en kosskrywer, Willie Strauss, kuier in die ateljee om oor sy jongste kookboek Sinkhuis-resepte te gesels. Skilder, Neil Breebaart, vertel meer oor Art Refined - Kuns met ‘n Koninkryksboodskap.
1 Apr 1 hr 30 min

Om God se stem te hoor

Pastoor Marielle de Vos gesels oor hoe om God se stem te kan hoor en die krag van ons woorde. Olieverfskilder en plaasvrou van Barkley-Oos, Coba Dohrmehl, deel haar mooi getuienis.
25 Mar 1 hr 35 min

Met Vreugde

In hierdie aflewering gesels Christine met Michelle Louw oor velsorg-geheime. Susan Coetzer kom kuier in die ateljee om oor haar jongste roman en die vreugdes in die lewe van ‘n gelowige te gesels.
18 Mar 1 hr 27 min