
Skrywers en boeke
Loading player...
Tydens hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met die skrywers van vier Christelike boeke wat by luisteraars sal byval vind. Alexa Steyn gesels oor haar Bybelse roman, Die Galileërs. Helena Hugo vertel oor Verbly julle in die hoop, die tweede roman in ‘n reeks van drie. Wendy Maartens gesels oor Psalms vir kleingoed en joernalis en skrywer Deonette de Kock vertel meer oor die skryf van Prison Child die verhaal van Felicia Goosen, wat in ‘n tronk in Thailand gebore is, nadat haar ma Vanessa Goosen gevange geneem is vir die smokkel van dwelms in 1994.