Boekkeuse - 01 August 23
Loading player...
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons fokus vandag op die omvangryke en waardevolle bydrae van die bekroonde skrywer en historikus, dr Dan Sleigh. Hy is Vrydag in sy huis in Pinelands oorlede.
Joan Hambidge bespreek Marlies Joubert se jongste bundel, Laatnageilande en Hein Viljoen se bundel, Vyf skakerings van blou, wat op versoek herhaal word. Die ervarings van twee Afrikaners wat in die oorloggeteisterde Oekraine woon, kry aandag. Nadea Victor bespreek Kobus Olivier se roerende ervarings met die titel, Met my honde en Elize Parker bespreek Michelle Potgieter se besondere lewensreis, Sonneblom en sneeu in Oekraine.
Ons luister ook na Yolandi Farlam se meevoerende bespreking van Reën in Stofvlei deur Katherine Graham. Ten slotte ‘n huldeblyk aan die ontslape Ierse popster, Sinéad O’Connor, in ‘n gedig deur Joan Hambidge.