Boekkeuse - 20 June 23
Loading player...
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons verwelkom Eben Venter as ons ateljeegas. Hy is uit Australië hier om sy jongste boek, Decima, wat gelyktydig in Afrikaans en Engels verskyn, bekend te stel.
Ons fokus vandag op die Afrikaanse roman en terselfdertyd verwelkom ons twee nuwe medewerkers, Yolandi Farham en Elmarie Waltman, wat vandag hulle debuut op Boekkeuse maak.
Riette Rust bespreek Annelie Botes se trefferboek, Katvis, wat as haar laaste roman aangebied word. Elize Parker het E Kotze se roman, Hulle noem haar Carminda, waarskynlik ook haar laaste boek, gelees. Elmarie Waltman bied haar insigte oor Vuurvoël, die debuut van Elmarie Viljoen-Massyn aan.
Yolandi Farham is bekoor deur Katherina Graham se Reën vir Stofvlei. Skatryk – Waarom ons beter leef as ons voorstate – deur Johan Fourie is volgens Joan Hambidge een van die belangrikste boeke vanjaar. Ook gee Riette Rust haar mening oor Seks, skoonma’s en skuld deur Elize Parker.