Boekkeuse - 22 May 23
Loading player...
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons ateljeegas vandag is die gesoute niefiksie skrywer, Ted Botha, wat gesels oor die berugte reeksmoordenaar, Daisy de Melker, die onderwerp van sy jongste biografie.
Joan Hambidge bespreek die bundel, Mensig, van digter Leon Strydom wat postuum verskyn en sy stel ook Tom Dreyer se digdebuut, Nou in infrarooi, bedenk deur die voorlesing van sy gedigte. Elize Parker stel drie geestelike boeke bekend - Die Galileërs deur Alexa Steyn; Olie in jou lamp deur Emsie Martin en Steven Bresler se studie oor Openbaring – die Kerk se oorwinnaarskleed.
Daisy de Melker het haar plek as reeksmoordenaar – sy het moontlik ten minste tien moorde gepleeg waar onder haar drie mans en haar seun tel – in die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis gemaak. In ‘n opspraakwekkende ses weke verhoor het sy selfs ‘n wêreldfiguur geword. Invloedryke koerante soos The Times of London en The New York Times het in besonderhede oor die verhoor berig. Die sensasie was ongehoord. Skares het buite die hof oornag om hulle sitplek te verseker - ander het selfs hul sitplek ten duurste verkoop. Daisy de Melker het die eerste vrou in Suid-Afrika geword wat in Pretoria-Sentraal ‘n galgedood gesterf het. Die skrywer van hierdie boeiende verhaal, Ted Botha, gesels nou verder oor sy biografie, Daisy de Melker. Jonathan Ball is die uitgewer.