
#BakkieArm samel R100 000 in vir Agri Securitas
Loading player...
‘n Bedrag van R100 000 is gister op NAMPO Park tydens Graan SA se Nampo Oesdag aan die Agri Securitas-trustfonds oorhandig ná OFM se suksesvolle #BakkieArm-fondsinsamelingsveldtog. Agri Securitas is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle vir die verbetering van landelike veiligheid beywer. Elsabé Richard-May het ná dié oorhandiging met Agri SA se Christo van der Rheede, wat ook een van die trustees van Agri Securitas is, gesels.