SA herroep ramptoestand oor beurtkrag

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering sê die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit was 'n noodsaaklike reaksie op die kritieke vlakke van beurtkrag wat die ekonomie en kwesbare sektore beïnvloed het. Die ramptoestand is vandag amptelik beëindig nadat President Cyril Ramaphosa dit in Februarie ingestel het ter ondersteuning van die Energie-aksieplan. Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Thembi Nkadimeng, het aan die media gesê die onlangse vordering met die versagting van beurtkrag het bygedra tot die besluit om die ramptoestand te herroep.
5 Apr 2023 10AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Estie Schreiber gesels oor A.Vogel se Boldocynara

Dis Paastyd – 'n tyd van lam, soetpampoen, hot cross buns en hope sjokolade! Wie wil nou nie ’n lekker ete saam met familie en vriende geniet nie? Maar onthou, jou lewer – daardie stille helper – mag dalk net fluister vir bietjie ondersteuning. A.Vogel se Boldocynara is die antwoord!…
16 Apr 3AM 11 min

Estie Schreiber gesels oor Oxiprovin

Hoekom verouder die liggaam elke dag? Hoekom lyk dit asof sekere mense vinniger ouer word as ander? Wat gebeur? Hierdie week gesels Estie Schreiber oor Oxiproven. Oxiprovin is bekostigbaar en sonder voorskrif beskikbaar by jou naaste apteek. Besoek www.oxiprovin.co.za vir meer inligting of kontak haar per e-pos by info@sanatural.co.za indien…
9 Apr 7AM 12 min

Estie Schreiber gesels oor kroniese pyn en inflammasie

Hierdie week gesels Estie Schreiber oor kroniese pyn en inflammasie in die spiere, gewrigte en ligamente. ThreshHold tablette en jel mag dalk net die antwoord wees. ThreshHold is beskikbaar by apteke landswyd. Besoek www.threshhold.co.za vir meer inligting of kontak haar per e-pos by info@sanatural.co.za indien jy enige navrae het.
2 Apr 5AM 12 min

Wat jy moet weet van die afgelope begrotingsrede - Anneri Luck

Anneri Luck, belasting mededirekteur by PWC, het vanoggend op Kosmos 94.1 gesels oor die begroting wat gistermiddag deur die Finansminister ter tafel gelê is. Vir ‘n kundige mening oor die 2025/2026 begroting luister gerus na die podsending.
28 Mar 3AM 5 min