
Namibië het goeie wette vir kinderbeskerming
Loading player...
Die voormalige Namibiese kinder-advokaat het haar reaksie gegee op armoede wat 'n negatiewe impak op die gesondheid van Namibiërs het, veral kinders. Wanvoeding is steeds die nommer een moordenaar van kinders onder die ouderdom van vyf. Kindersterfte-syfers onder vyf jaar in die land is 46,7 per 1 000 geboortes. Advokaat, Ingrid Husselman het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibië as 'n land het goeie wette en beleide wat kinders beskerm.