Boekkeuse - 17 Jan 23
Loading player...
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons verwelkom as ateljeegas, Marieta Nel, samesteller van vier bundels waarin die beste bydraes in die genre kortverhale, poësie en drama, byeengebring is as ideale voorgeskrewe materiaal vir die klaskamer.
Ons fokus is op romans van Irma Venter, Isa Konrad en Amos van der Westhuizen, ‘n unieke voëlboek, P.G. du Plessis se keur uit sy gewilde Koöperasiestories en ons gereelde kinderboekbydrae.
Meermale is daarop gewys dat die Afrikaanse kind besonder bevoorreg is met die gehalte en keuse van boeke wat jaar na jaar aangebied word. Ons uitgewers lewer ‘n besondere bydrae om die boeke keurig aan te bied met titels en inhoud wat met die kind van vandag resoneer. Ons is ook geseënd met talentvolle skrywers en verbeeldingryke knap illustreerders op eie bodem.
So met die begin van die jaar kan ons aan elke kinderboek uitgewers ‘n pluimpie gee vir kwaliteitsboeke wat aan Afrikaanse kinder- en jeuglesers aangebied word. By Boekkeuse het ons die samewerking gehad van Protea Boekhuis, Human & Rousseau, Tafelberg, Naledi, Lapa en Pan Macmillan.