
Getroue klante en personeel sleutel tot sukses - Morné Breytenbach
Loading player...
Soos meeste sake-eienaars was Morné Breytenbach se missie toe hy sy besigheid 28 jaar gelede begin het, om 'n sukses daarvan te maak sodat hy in staat sou wees om werksgeleenthede te skep en uiteindelik vir sy gesin op die lang termyn te voorsien. Morné Breytenbach vertel aan die OFM Sake-Uur om lojale personeellede te hê, wie se jare by die besigheid wissel van 6 tot 16 jaar, is waaraan hy sy besigheidsukses toeskryf, dít en lojale kliënte.