
Harrismith sakelui werk moedig voort
Loading player...
Sakelui op Harrismith sit ten spyte van talle uitdagings steeds skouer aan die wiel om dié Oos-Vrystaatse dorp te verbeter. Luidens die hoof uitvoerende beampte van die Harrismith Sakeforum, Ben Deysel, bly kragonderbrekings 'n bedreiging vir die plaaslike ekonomie. Hoewel gevestigde besighede ietwat meer in staat is om die uitdading te oorbrug, is dit die kleiner besighede wat die risiko loop om hul deure te sluit. Hy het met Kayla Barker op die OFM Sake-Uur gesels.