Boekkeuse - 11 Oct 2022
Loading player...
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons het vandag die voorreg om twee ateljee-gaste te verwelkom. Aan die woord is Elise Bishop wat met Riette Rust gesels oor haar outobiografie, Twee lewens, en An-Mari do Carmo wat uitwei oor haar memoir, Toe als groen was. Twee romans,Tenk deur Pieter Stoffberg en Fanie Olivier se vertaling van Jeff Gearats se Mister Altheimer.
Ons fokus ook op die herdenking van Sheila Cussons se 100ste geboortedag. Joanita Erasmus-Alt van Bloemfontein het gedigte van Cussons getoonset en haar kamermusiekorkes en koor het dit uitgevoer op 9 Augustus. Dit word nou deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied as ‘n konsert wat virtueel beskikbaar sal wees. ‘n CD-opname is ook gemaak wat by vandeesweek se Woordfees in Stellenbosch beskikbaar sal wees.