#JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryna, ‘n mamma wat WIL
Loading player...
Maryna Botha het GROOTfm 90.5 reeds in 2021 genader met ‘n dringende versoek. ‘….As ‘n mamma wil ek vandag kom vra…ek weet dit gaan moeilik oral, maar ons het so gehoop dat die jaar anders sou wees. Ons kar het gebreek en ek het my werk verloor. Daar is net nie finansies nie. Ek wil groot asb vra…ons het so hard geval dat ons tans op n plek bly vir minderbevoorregtes …en wil vandag op my knieë vra of hier dalk ‘n engel is wat kan help en bereid is om drie kinders se dag te maak op kersfees om vir hulle ‘n geskenkie te gee asb. Die Here ken my en weet wie ek is en glo en vertrou dat Hy die regte persoon na ons toe sal stuur. Ek is jong mamma van 25-jaar. Ek sukkel verskriklik om werk te kry omdat my ondervinding min is, en vervoer is ook ‘n probleem. Ek wil baie graag ons omstandighede verbeter en my lewe verander. Ek wil ook bitter graag my matriek doen.’
Mamma Maryna, met Pappa wat gereeld weggaan vir werk (‘n werk waarvoor hulle baie dankbaar is), is desperaat vir ‘n beter lewe, beter omstandighede EN ‘n warm winter. Met behulp van die goedgunstigheid van R&T bestuurskool kon sy haar leerlinglisensie kry, en begin nou ook met bestuurslesse. Na ‘n sameloop van omstandighede is hulle nou in ‘n gat. Sy, haar drie seuns en ook haar ouers wat met hul gesondheid struikel. Sy beskryf haarself as ‘n ‘mamma wat wil’, maar het net ‘n #HOOPstoot nodig.