
‘In ʼn hoek gedruk’
Loading player...
“ʼn Imposante indringer hang halfmas teen die muurlys in die hoek teen my bed. Ek wou eers gil, soos wat daar van vroue verwag word as hulle ʼn spinnekop sien, maar ek was bang die ‘Arachnida’ skrik hom kaduks en kom skuil langs my onder die komberse.”