#JouMenseMyMense saam met SPAR – Genade vir Grace
Loading player...
Louna Vermeulen het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy sê: “Die Here lê dit al lank op my hart om vir jou ‘n e-pos te stuur en hulp te vra. Ek gaan my storie so kort moontlik hou. My broer se verloofde is ‘n invalide. Altwee haar bene is geamputeer as gevolg van “gangerine”. My broer moet haar fisies rond dra, toilet toe en haar bad toe dra om te bad. Hy is ook nie gesond nie en ly aan emfiseem. Grace is 71 jaar oud en my broer, 62. Hulle het geen ander behoeftes nie.”
Grace is totaal afhanklik van Martin, en Louna se groot navraag was om haar te help om meer beweeglik te wees – veral wanneer sy moet badkamer toe gaan. Grace maak tans gebruik van ‘n baie ou rolstoel, wat haar seermaak wanneer sy op hom sit.
Buiten hulle huidige uitdagings, is Martin en Grace deur ‘n magdom traumatiese ervarings die afgelope tyd, maar ons kan sien dat hulle baie dankbaar en lief is vir mekaar. Martin se vrou is verlede jaar oorlede na ‘n kort siekbed, en Grace is ook ‘n weduwee. Martin het baie onlangs twee hartaanvalle gehad en is in Steve Biko Hospitaal opgeneem, waar hy gelukkig herstel het. Hy is ook onlangs afgelê deur sy werkgewer as gevolg van sy emfiseem. Toe ontmoet hy vir Grace, en is hulle is nou nie net smoorverlief nie, maar ook verloof.
Grace se twee bene is geamputeer as gevolg van suikersiekte wat ‘gangerine’ veroorsaak het. Sy drink tans ‘n pilletjie, en haar suiker is nou onder beheer. Sy het een week voor ons besoek ook drie van haar vingers met amputasie verloor. Sy is tans totaal afhanklik van Martin, wat haar onder andere moet badkamer toe dra. Haar beweeglikheid is uit die aard van die saak totaal beperk, en haar en Martin se grootste wens was ‘n gemakliker rolstoel wat die proses van beweging vir hulle albei sou vergemaklik. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…