#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tyd om teëspoed te verpant
Loading player...
Christina Loots het al in 2021 vir ons ‘n epos gestuur. ‘n Epos gevul met moedeloosheid soos sy teen muur op muur vasloop. As enkelmamma van twee pragtige dogters, en ‘n dogter wat sy in haar huis ingeneem het, probeer sy alles rek – die skamele nou-en-dan-geldjie wat sy inkry, ook haar geduld, hoop en uithouvermoë. Met haar soeke na die lig aan die einde van die donker, lang tonnel, het ons vir haar gaan kuier…
Dit gaan al ‘n wyle swaar met Christina, en haar nou, drie dogters. Haar oudste is in matriek, en Ma Christina is nou reeds bekommerd oor wat sy gaan doen wanneer dit Matriekafskeid-tyd is…(wat eers in Oktober-maand is…) Haar tweede oudste noem sy ‘Pietie’. Sy was prematuur gebore, en die dokter noem haar toe ‘Pietie Muis’. Van jongs af, is haar noemnaam toe Pietie! Haar derde dogter is uit haar eie huis gejaag, en, so min soos wat Christina het om te bied, neem sy haar in.
Christina is geskei en moet self sien kom klaar. Hulle huur is agterstallig, daar is nie kos in die huis of klere om aan te trek nie. Christina se grootste wens is om ‘n normale lewe te lei, en ‘n geleentheid om sonder bekommernisse wakker te word. Sy, wat vir haar dogters enigiets sal doen, het al verskeie maniere probeer vind om uit hierdie gat te kom – mense gehelp met lisensie-aansoeke, wat haar nie betaal het nie. Sy het omtrent al hulle meubels en huisgereedskap verpand, huise skoongemaak en ‘n inkomste as ‘n karwag verdien.
Christina het nog teëspoed ervaar met haar sussie, wat ‘n steunpilaar vir haar en haar dogters was, se dood, einde verlede jaar. Haar oudste dogter sukkel ook vreeslik met haar tande, en ervaar tans ook kroniese pyn.
Christina glo die Here wil hulle hierdeur herinner dat hulle eers die Koninkryk van God moet soek, en dan sal hulle ontvang wat hulle hart begeer. Dat hulle eers moet vra, voor Hy sal gee. Dat Hy hulle toegerus het vir hierdie lewe wat hulle tans leef, al is dit nie die lewe wat Hy vir hulle wil hê nie. “Hulle is vissies wat moet leer swem”