
Goeie graanopbrengs verwag in Noordwes
Loading player...
Daar is goeie nuus vir graanprodusente, veral in die noordelike gebiede van Sentraal Suid-Afrika. Volgens NWK Landboubestuursdienste se Bestuurder: Presisieboerdery, Martiens du Plessis, was produsente in NWK se bedieningsgebeid met ’n baie goeie seisoen geseën, en hy verwag dat produsente goeie graanopbrengste gaan hê. Du Plessis het met OFM Inhoudsredakteur, Elzette Boucher-Krüger, gesels op die OFM Sake Uur.