#JouMenseMyMense saam met SPAR – Juander se nuwe glimlag
Loading player...
Toe GROOTfm 90.5 in Daspoort by Juanita en Alex Stander se huis opdaag, was Juanita se oë groot en haar woorde min. Sy was uit die veld geslaan om die JouMenseMyMense-span, saam met Suzanne de Beer van Blissful Cleft Foundation by die buitehek te ontvang. Haar man, Alex, het wel geweet van die verrassing.
Juanita se werkskollega, Nicole Bowels het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy vertel van Mamma Juanita wat in mismoed gedompel is oor haar twee-jarige seun, Juander se gesplete lip en verhemelte. Dat hulle al alles probeer het om vir hom ‘n afspraak vir ‘n operasie te reël – met geen lig aan die einde van hierdie donker tonnel nie.
Juanita en Alex het ‘n ruk gelede by Blissful Cleft Foundation aansoek om hulp gedoen namens Juander, en vir ‘n konsultasie gegaan. Toe ons die epos ontvang, en die versoek deurstuur na Andrea en Suzanne, het hulle met ons meegedeel dat hierdie naam bekend klink…Dit was omdat die lieflike gesin reeds by Dr Naidoo was vir ‘n konsultasie, en dat hy op die kortlys is. Sy operasie is intussen goedgekeur, en, ons het die goeienuus met die gesin gaan deel…