#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Jy het nie twee arms nodig om te lewe nie...’
Loading player...
Elzanda Haasbroek, ‘n onderwyser by Laerskool Simon Bekker, vir die afgelope 11 jaar, het vir GROOTfm 90.5 gestuur. “Ons het 'n gesin by ons skool met wie dit ongelooflik swaar gaan en hulle is die laaste ruk behoorlik raakgery deur teëspoed. Indien julle sal kan help met kos, sal dit baie waardeer word. Honger en die ongelooflike trauma wat hulle tans beleef, is beslis niemand se speelmaat nie.”
Die Nel-gesin, Mamma Hanlie, Pappa Lucas, en hul drie kinders het ‘n geweldige traumatiese begin van 2022 ervaar. Mamma Hanlie is ‘n paar weke gelede gediagnoseer met Fas e-3 servikale kanker. Hulle seun, Lucas (Graad 10) het in ‘n fiets-ongeluk sy linkerarm verloor. En Tiaan, die jongste van die drie kinders, is met ADHD, skeidingsangs, disleksie en ‘conduct syndrome’ gediagnoseer – en kry tans psigiatriese behandeling by Weskoppies. Die gesin van vyf is afhanklik van die Pappa Lucas se skamele inkomste as motorwag.
Elzanda stap al ‘n lang pad met die Nel-kinders, en was Sharon (oudste dogter) en Lucas (Graad 10) albei in Graad 1 in Juffrou Elzanda se klas. Alhoewel hierdie kinders nie ‘n ‘normale’ lewe het nie, droom hulle soos normale kinders. Sharon droom van oorsese reise, Lucas van ‘n graad in Elektriese Ingenieurswese, en Tiaan, wil net soos sy boetie wees. Lucas is Tiaan se ‘hero’.
Liewe Nel-gesin, al kan julle dit nie nou, in die middel van hierdie stofstorm sien nie, julle storie inspireer! Die woorde van Lucas toe ons hom vra hoe hy voel na die ongeluk waarin sy arm geamputeer is, en hy antwoord, ‘jy het nie twee arms nodig om te lewe nie’, sal ons vir ewig bybly. Ons weet julle is in onsekerheid gedompel oor dit wat voorlê, maar tog kan ons nie help om van jou oorsese reise te hoor nie, Sharon, en ook jou kwalifikasie in Elektriese Ingenieurwese, Lucas. Dankie dat julle jul storie met ons gedeel het, en, ons prentjie net nog groter gemaak het! Breek af daai ark wat julle vir die vloed gebou het, en bou een vir die oorvloed wat op pad is.