#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dankie, CHOC!
Loading player...
Ons fokus op kinderkanker-dag, en GROOTfm 90.5 het gaan inloer by die CHOC-huis. ‘n Veilige vesting vir kinders en hul ouers wat behandeling ondergaan, en nie die finansies of ondersteuning het terwyl hulle hierdie oorwinningspad loop nie. Ons het gesels met Shanil Mangaroo van die Vodacom Bulls, Belinda Austin, ‘n verpleegster in ‘n onkologie-saal met ‘n besonderse storie, Rosanna Strydom, ‘n mamma van ‘n SURVIVOR, en Ina Schompher, streeksbestuurder van CHOC Noord-Gauteng.
DANKIE CHOC-huis, ELKE vrywilliger en personeellid, vir wat julle vir kinders en ouers in hul mees kwesbare tyd doen. Inderdaad ‘n vertrekpunt vir verskilmaak! Mag ons nooit skuldig voel oor die pak kaarte wat aan ons gegee is nie…’n Pak kaarte met bietjie meer ‘Jokers’ as ander…maar, mag ‘n ander se pak kaarte ons help en inspireer om nooit ons fokus op die groter prentjie te verloor nie. Mag ‘n ander se verhaal en pak kaarte ons perspektief vergroot en verbreed terwyl ons almal eer wie se kaarte bietjie anders lyk. Mag liefde oorheers, saam met genade, sagmoedigheid en meelewendheid. Mag ons bewus wees van die talle geleenthede waarmee ons daagliks gekonfronteer word om ‘n verskil te maak. Mag elke kaartspel in oorwinning eindig, en mag ons as gelowiges die voorreg omhels om nooit ‘n ‘deadline’ te beleef nie, maar, ‘n onveranderende ‘lifeline’.
Besoek choc.org.za/ vir meer inligting. En ondersteun hulle Vrydag, 18 Februarie 2022 met ‘Flip Flop’ dag. Koop jou plakkers teen R10 elk, en dra jou plakkies!