#JouMenseMyMense saam met SPAR – Om vir bloed te baklei
Loading player...
Justine van Vollenstee (12) is in 2020 gediagnoseer met ‘Severe Aplastic Anemia’ – ‘n baie skaars bloedsiekte wat veroorsaak dat haar liggaam nie genoeg rooibloedselle vervaardig nie. Hierdie diagnose het die volgende tot gevolg: Sy moet weekliks bloedplaatjie-oortappings ontvang sodat sy genoeg rooibloedselle vir die week kan produseer. ‘Severe Aplastic Anemea’ is ‘n resultaat van beskadigde beenmurg.
Haar mamma, Gerraldine, wat vir haar enigiets sal doen, het verlede jaar reeds vir ons ‘n boodskap gestuur en ons hulp gevra. Nie vir enigiets anders, as bewusmaking vir dit waardeur haar liefling prinses gaan nie. Sy wil hê Justine se verhaal moet ander inspireer, en bewusmaak van hierdie siektetoestand. En, meer as enigiets, smag sy na ‘n geskikte beenmurg-skenker en ‘n dogter wat ten volle genees is.
Gerraldine bid sonder ophou dat die Here haar kind genees, en sê daar is niks erger as om haar prinses so te sien ly nie. Met haar imuunstelsel wat kwesbaar is, was sy vir ‘n jaar tuis, met geen skoolonderrig. Sy het wel hierdie weer by ‘n skool aangesluit – om so bietjie normaliteit in haar lewe terug te bring. Dit doen haar siel baie goed om by mense en maaitjies te wees, alhoewel sy tans nog in-en-uit die hospitaal is. Sy sien tans ‘n onkoloog by Steve Biko Hospitaal, terwyl die spesialis probeer vasstel wat presies die oorsaak van haar toestand is.
Liewe Justine en Gerraldine! Hou moed! Hou aan bid! Hou aan om genesing te verklaar! In Sy almagtige en kragtige GROOT Naam! As jy Justine se vordering wil volg, klik op die volgende skakel: ‘Kom ons Red Justine’ / https://web.facebook.com/groups/258032925685418