#JouMenseMyMense saam met SPAR – Met soveel seer, kies Lerato nogtans om te inspireer
Loading player...
By Lerato Mawela kan ons almal leer. Sy is ‘n lewende en sprekende voorbeeld van die skrifgedeelte in Romeine 8:37 tot 39 – ‘Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet’.
Zelda Jonker het ‘n epos gestuur met die volgende versoek: “Ons tandarts assistent, Lerato Mawela, het haar enigste seun, Lwazi aan die dood afgestaan op die 2de Desember 2021. Hy was ‘n eerstejaar-musiekstudent in Pretoria met 'n gemiddeld van 82%. Die laaste dag van sy studiejaar, toe hy van die taxi afklim is hy in 'n polisie-jaagtog op die sypaadjie raakgery. Hy is oorlede.” In Januarie vanjaar, is daar ook by haar huis ingebreek. Zelda Jonker, wat die epos gestuur het, sê Lerato is die wonderlikste vrou wat sy al ooit ontmoet het. Sy werk net met kinders as tandarts-assistent by ‘n mobiele tandartspraktyk. In die woorde van Zelda: “Ek wens ons kon haar kloon vir die wêreld, want sy maak alles beter. Sy het 'n hart van goud.”
Ons kon haar bederf met ‘n R1 500 SPAR-geskenkbewys. En, alhoewel ons nie dit wat sy verloor het kan vervang nie, kon ons met behulp van ‘n donasie van Ecomed Medical van R20 000, haar toerus met fondse vir dit wat sy wel kan vervang, huishoudelike items vir haar nuwe huis en hoofstuk.
Liewe Lerato, dankie dat jy ons leer en inspireer om nie op ‘n ashoop te gaan sit nie. Dat jy ons herinner daaraan dat daar ‘n lewe is wat moet gelewe word. ‘n Lewe wat ons Vader aan ons gegee het. Hierdie lewe, wat ons verantwoordelikheid en voorreg is.