Jou Mense My Mense saam met SPAR – Niks is onmoontlik nie!
Loading player...
By die ingang van Ettiene Ludick se kamer hang daar ‘n bordjie wat sê: ‘Niks is onmoontlik nie’. Ons het die voorreg gehad om dit eerstehands te ervaar. Dryf en deursettingsvermoë is ingeprogrammeer in Ettiene se DNS, en daarom, is niks inderdaad vir hom onmoontlik nie. Ettiene Ludick is ‘n baie gemotiveerde en sagmoedige 20-jarige. Hy is op 28 weke gebore, en na ‘n suurstof-tekort en verskeie operasies loop hy vandag met krukke. Ettiene moes ook op skool aanvullende ondersteuning ontvang met die skryf van sy eksamens, aangesien sy brein vinniger as sy hande beweeg. Danksy harde werk, waagmoed en deursettingsvermoë het hy verlede jaar matriek geslaag en met behulp van ‘n familielid ‘n borg gekry om ‘game development’ en IT te studeer. ‘Gaming’ en IT is deel van Ettiene se DNS – en het hy al op ‘n 4-jarige ouderdom ‘n passie hiervoor ontwikkel. Ettiene maak tans gebruik van skootrekenaar wat hy by iemand leen vir sy eerste jaar, maar benodig ‘n spesiale rekenaar om sy tweede jaar te voltooi.
Sy ma, Ansie, vertel ons hoe Ettiene se pappa baie siek geword het met diabetes twee jaar gelede waartydens hy ook sy besigheid verloor het. Pa Jan is tans nie fisies in staat om te werk nie. Hulle gesin het toe by iemand anders ingetrek, en Ansie het ‘n werk gekry om die huur te kan betaal en kos op die tafel te sit. Hulle het geen ekstra finansies om vir Ettiene se tersiêre opleiding te kan betaal nie.
Ons het vir hulle gaan kuier met ‘n GROOT verrassing.