Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer die berge blou bly
Loading player...
Chantelle het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om haar sussie, Caroline en haar man, Henry te help. Hulle kry bitter swaar. Hulle woon aan die voetpunt van die Magaliesberg, en kyk gereeld op om te kyk waar hulle hulp vandaan kom. Hulle weet hierdie is nie die lewe wat die Here vir hulle wil hê nie.
Henry is ‘n trok drywer en het sy werk ongeveer 6 maande terug verloor. Sy vrou, Caroline het huise skoongemaak om te help met ‘n inkomste. Saam met hulle woon Henry se twee seuns, en Caroline se dogter en seun – almal van wie nog in die laerskool is. Kameeldrif-wes Laerskool is loopafstand van hul 10 by 10 m houthuisie op ‘n plot uit op Van Der Hoff-weg, rigting Brits.
Hulle deel hierdie perseel met ‘n paar ander gesinne wat ook ‘n beperkte of geen inkomste het nie. Die laaste ding wat die gesin geëet het is een snytjie brood elk. Hierdie gesin het minder as niks, maar, hulle het mekaar. Die huisie raak tans bietjie klein, met hulle oudste dogter (14) wat ‘n vertrek met haar drie broers deel. Henry is dringend opsoek na werk, en sê hy sal enigiets doen om te kan sorg vir sy gesin. Toe ons daar gekuier het, het hy afgekyk na sy hande, en gesê:’Hierdie hande mekeer niks!’