Jou Mense My Mense saam met SPAR – Martin Matthee
Loading player...
Martin Matthee is ‘n GROOT luisteraar wat vir 23ure van sy dag na GROOTfm 90.5 luister. Hoekom nie 24ure nie? Dis ‘n uur waarin hy en sy geliefde, Christine Botha, na hul sepies kyk. Christine het vir ons ‘n boodskap gestuur en gevra of ons nie kan help met herstelwerk aan Martin se leen-rolstoel nie. Ons het iets anders in gedagte gehad.
Martin het 8 jaar gelede vir ‘n operasie gegaan om obstruksie in sy are te laat regmaak, wat die bloedtoevoer na sy bene vertraag het. Na die operasie het sy bene gangereen opgedoen, en moes sy een been geamputeer word. Sy ander been, is glad nie funksioneel nie, en wag hy tans op ‘n datum vir sy volgende amputasie.
Hy leen tans ‘n rolstoel by die hospitaal, en bly positief deur te dink aan ander mense wat slegter af is as hy. Sy raad aan iemand wat deur dieselfde ervaring is as hy, is om sy/haar ‘kop reg te kry’ en te fokus op positiewe gedagtes. Hy word nog daagliks kwaad, maar na die emosie, lag hy vir homself en gaan net weer aan.
Ons het die voorreg gehad om met behulp van ‘n skenking van Nico Heyns, nie net sy huidige rolstoel te herstel nie, maar dit te vervang met ‘n splinternuwe een! Ons kon ook, met behulp van SPAR, vir hom ‘n R1 000-geskenkbewys gee, waarmee Christine dadelik koffie en melk gaan koop het.