
Die Losgemaal Britse & Ierse Leeus Reeks - Episode 7: Peter de Villiers
Loading player...
Dit is die Dinsdag voor die eerste Toets teen die Britse en Ierse Leeus en die opwinding loop hoog met die Bok-span wat aangekondig is. Hein en Cappie het in hierdie eposide voormalige Bok afrigter Peter De Villiers by hulle en as die man wat aan die stuur was tot die Leeus laas met die stert tussen die bene huistoe gestuur is, kon hulle nie ‘n beter brein gekies het om te tap vir inligting nie. Die bekendste Snor in rugby bring sy tasbare passie en energieke, unieke personlikheid (en sê-goed) tot ‘n uitsending wat Springbok ondersteuners nie durf misloop nie – moenie dat die dobbelstene verkeerd vir julle val nie, vat die leertjie en kom luister saam!