OppieStoep verwelkom ‘n nuwe aanbieder saam met Pietman
Loading player...
Suid-Afrikaners hou van ’n goeie storie. As dit ’n storie is wat hulle kan laat lag, soveel te beter. Dit is presies wat OppieStoep deur die jare gewys het. Nie net hou ons van lag nie, maar ons is geseën met ’n magdom uitstekende storievertellers.
Vir die vyfde seisoen van OppieStoep wat in Julie afskop, is daar ’n nuwe persoon in een van die aanbiederstoele wanneer Lyntjie Jaars saam met Pietman Geldenhuys voor die kameras inskuif. Die reeks spog ook met ’n nuwe stel asook storievertellers wat vir die eerste keer deel van die program is.