
Die Losgemaal Britse & Ierse Leeus Reeks - Episode 4: Casper Steyn
Loading player...
Cappie is in sy element vir hierdie episode met die Bulle se Britse Leeus held wat saam gesels. Casper Steyn deel sy herinneringe van daardie dag in 1997 toe hy 20 punte bygedra het in die Bulle se geskiedkundige oorwinning oor die toeriste. “Die Spook van Loftus” gee sy mening van wat tans skort met die plaaslike spanne se ingesteltheid vir die toerwedstryde en daar is ook ‘n juweel oomblik waar hy die tameltetjie beskryf van Jonah Lomu probeer aan bande lê.