#JouMenseMyMense saam met SPAR – Beenaf, maar nie oor die lewe nie…
Loading player...
Ons het ‘n epos ontvang van Tresa Peo, waar sy om hulp vra vir haar vriendin Anne wie se been in 2020 geamputeer is. Tresa het laatweet dat sy baie met haar krukke en loopraam sukkel. Ons het vir Tannie Anne en haar man, Pieter gaan kuier.
Tannie Anne en Oom Pieter Botha is al 53 jaar getroud. Die geheime woorde vir hierdie huwelik? Tannie Anne sê; ‘Dankie, Here’, en Oom Pieter; ‘Dankie’ en ‘ja’! Ons het so lekker by hulle dogter se huis gekuier, waar hulle tans woon. Tannie Anne en Oom Pieter het hulle seun 20 jaar terug aan die dood verloor, maar is vandag dankbaar vir ‘n dogter, ‘n kleindogter, en binnekort ‘n agter-kleindogter.
Vier jaar gelede het Tannie Anne en Oom Pieter nog ‘n terugslag beleef met ‘n hek-ongeluk waartydens Tannie Anne haar knie vergrys het, waarna sy moes gaan vir ‘n knie-vervanging. Die herstelproses het baie goed gegaan, maar na die operasie was daar ‘n verskil in die lengte van haar bene, wat veroorsaak het dat sy haar balans telkemale kere verloor en geval het. Die gereelde val het ‘n klein skeur in haar vervangde knie veroorsaak, wat absesse begin vorm het. Nadat hulle die absesse aanhou dreineer het, is Tannie Anne met geen ander keuse gelaat as ‘n amputasie bokant haar knie.