#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad…Vervolg!
Loading player...
Vir die wat op die 7de April 2021 tydens #SlatDiePad ingeskakel het, het gehoor hoe ons vertel van Hannelie van Deventer en haar dogter, Larochelle, wat in ‘n gat vasgevang is. Hulle het, voor ons besoek geen kos in hulle kaste gehad nie, ook nie genoeg elektrisiteit om in warm water te kan stort nie. Hannelie het haar hart met ons gedeel…haar verlede, en, haar hede. Dit wat haar die meeste pla, is dat sy nie volgens haar voldoende vir haar dogter kan sorg nie. Dat, al wat Larochelle so baie vir vra, ‘n lekkertjie is. Dat haar registrasiefooi as professionele suster slegs R450 kos om te hernu. Dat sy ‘n kleintjie dood het daaraan om afhanklik van ander mense te wees. Sy wil self sorg, en het al alles in haar vermoë gedoen om ‘n meer permanente werk te kry.
Na die insetsel op Woensdag, 7 April, het Thys van Zyl van Everest Wealth Management ingebel en aangebied om vir Hannelie en Larochelle ‘n bedrag geld in te betaal – net om hulle weer op hulle voete te kry. Die reaksie op hierdie middag, saam met die reaksie in die volgende week, was so oorweldigend dat ons besluit het om ‘n opvolg verhaal te doen, en vir Hannelie, Larochelle, en die samaritane van Everest Wealth Management ateljee toe te nooi. Hannelie was nog nie bewus van die geborgde fondse nie…