
Waar kom jogurt en maaskaas vandaan?
Loading player...
Melk en melkprodukte is deel van baie mense se stapelvoedsel – van botter en jogurt, tot al die verskillende soorte kaas. Maar weet jy wat die verskil tussen joghurt en kaas is, hoe waardevol wy is, of dat die woord “maaskaas” deels van Zoeloe af kom? En dan het ons nog nie eers gepraat van al die idiome wat met melk te make het nie! Kom hoor wat raak Su-an en Gerhard kwyt oor suiwel en ander (on)suiwelhede. (Wees gewaarsku: jou mond mag dalk water!)