Maroela Media Strandloper – ’n vervolgverhaal

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak.
"Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media.

Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie.

Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama · Fiction
120 Episodes
60 – 80

Strandloper – Episode 61

Tannie Ouvrou is bekommerd oor ʼn WhatsApp-boodskap wat sy gekry het wat sy geheim moet hou. Boesman sorg vir welkome afleiding, en Dylan se nuwe assistent by die koffiekiosk laat Oom Fred onrustig voel – met rede.
Season 1 / Episode 61 10 min

Strandloper – Episode 62

Engela het ʼn ontstellende droom oor verlore liefde. Dit raak al hoe moeiliker om te onderskei tussen waarheid en verbeelding. Hoekom kom gee Willie vir Engela persoonlik ʼn uitnodiging na ʼn belangrike vergadering?
Season 1 / Episode 62 11 min

Strandloper – Episode 63

Nicolien en Mauritz se paaie kom nader aan mekaar toe hulle ontdek hulle het ʼn gemeenskaplike belang. Mauritz vra Nicolien ʼn ongemaklike vraag wat haar laat bloos en waarop sy geen antwoord het nie.
Season 1 / Episode 63 11 min

Strandloper – Episode 64

Dis die finale vergadering voordat een van Bloubaai se groot tradisies herleef. Die Bloubaaiers hou nie terug nie, Willie ontvang ʼn ontstellende boodskap van Engela, en Boesman sorg vir die grootste verrassing van die dag.
Season 1 / Episode 64 10 min

Strandloper – Episode 65

Engela en Aliyah se lewens is op die punt om radikaal en vir altyd te verander. Sy soek hulp en troos by iemand wat jare gelede op dieselfde plek as sy was. Word die band tussen Engela en Tannie Ouvrou hegter?
Season 1 / Episode 65 11 min

Strandloper – Episode 66

Die voorbladfotosessie vir die boeresportdag word ʼn uitdaging vir Nicolien, Mauritz en Willie. Tussen die drie van hulle word ʼn skitterende plan uit nood gebore.
Season 1 / Episode 66 10 min

Strandloper – Episode 67

Tannie Ouvrou vis by Dylan oor Bobbi en hoor van sy ma se tragiese verlies. In die proses kry sy meer as waarop sy gereken het: ʼn koekieresep wat werk, maar wat sy nie mag eet nie.
Season 1 / Episode 67 9 min

Strandloper – Episode 68

Tannie Ouvrou en Tant Betta is besig om plek te maak vir die dorp se skenkings van bestanddele, en hulle kry ʼn liederlike ontnugtering van Visstok. ʼn Noodsituasie ontstaan waarvoor dringend ʼn plan gemaak moet word.
Season 1 / Episode 68 9 min

Strandloper – Episode 69

Nicolien moet ʼn paar “eksamenvrae” op ʼn vreemde plek beantwoord. Sy kry ʼn onverwagse uitnodiging van Mauritz. Visstok probeer om vir Mauritz te werf vir sy toutrekspan op die boeresportdag.
Season 1 / Episode 69 10 min

Strandloper – Episode 70

Oom Fred besoek Dylan en kry nuus wat hom heeltemal onkant vang. Willie sluit by Fred en Dylan aan om sake oor die boeresportdag te finaliseer, en ʼn tweede skok tref Oom Fred.
Season 1 / Episode 70 9 min

Strandloper – Episode 71

Willie kry onverwags stempos van Engela uit Pretoria. Dylan se nuwe assistent, Ricu, sorg dat die dorp gons. Die boeresportdag waarna almal uitsien word skielik bedreig en dis hierdie keer nie Jack de Wet nie.
Season 1 / Episode 71 12 min

Strandloper – Episode 72

Die boeresportdag breek eindelik aan met ʼn streep verrassings, onder andere vir Nicolien en Mauritz. Dylan moet skielik vir Mauritz instaan. Ná al die reëlings kon niemand voorsien die dag sou op so ʼn noot eindig nie. Dis naelbyttyd op Bloubaai.
Season 1 / Episode 72 10 min

Strandloper – Episode 73

Nicolien hoor van Dylan se verskriklike ervaring met die boeresportdag, iets wat nog gevolge vir hom op Bloubaai gaan hê. Die nuus wat Tant Betta bring, raak al die dorpenaars se lewens vir die volgende paar weke.
Season 1 / Episode 73 11 min

Strandloper – Episode 74

Visstok en Oom Fred spring in om die dorp uit ʼn krisis te help, en in die proses tel hulle self teëspoed op. Engela hoor van Boesman se heldedaad, en Tant Betta is erg ontsteld oor nuus op Facebook van niemand anders nie as Jack de Wet.
Season 1 / Episode 74 10 min

Strandloper – Episode 75

Mauritz kry ʼn verrassingsbesoek tydens die noodsituasie in die dorp, ná die storm. Ná Nicolien hoor van die noodoproep wat Seeredding gekry het, weier sy om te gaan duik of te snorkel. Sy en Mauritz het ʼn nuwe afspraak.
Season 1 / Episode 75 10 min

Strandloper – Episode 76

Tant Betta kry raad by Tannie Ouvrou oor die ontstellende Facebook-plasing van Jack de Wet. Hoekom wil Tannie Ouvrou met alle mag Jack se vergete trommeltjie oopmaak? Wat kry sy in die proses?
Season 1 / Episode 76 10 min

Strandloper – Episode 77

ʼn Misverstand sorg vir ʼn vreeslike omwenteling toe Willie vir Dylan besoek. Oom Fred se nuus boul Dylan uit. Willie en Oom Fred sit opgeskeep met ʼn probleem wat hulle maar net nie kan oplos nie.
Season 1 / Episode 77 9 min

Strandloper – Episode 78

Met Engela se terugkeer uit Pretoria kry sy ʼn kil ontvangs van Nicolien. Daar is baie dinge wat tussen hulle twee uitgeklaar moet word. Tannie Ouvrou raai Nicolien aan om dringend ʼn afspraak by die dokter te maak, en Nicolien se dag eindig op ʼn verrassende noot.
Season 1 / Episode 78 10 min

Strandloper – Episode 79

Dylan en Boesman gaan vir hulle heldedade vereer word. Oom Fred probeer om vir Dylan voor te berei vir die toespraak wat hy moet lewer … maar Dylan verstaan verkeerd. Daar kom nuus van iemand wat Oom Fred en Dylan albei verras.
Season 1 / Episode 79 10 min

Strandloper – Episode 80

Dis ʼn blye maar gespanne ontmoeting tussen Engela en Willie nadat sy Pretoria toe was. Willie verras Engela met ʼn uitnodiging na een van Bloubaai se tradisionele feestelikhede. Tannie Ouvrou blyk ʼn baie skerper waarnemer te wees as wat mense dink.
Season 1 / Episode 80 9 min
60 – 80