Maroela Media Strandloper – ’n vervolgverhaal

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak.
"Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media.

Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie.

Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama · Fiction
120 Episodes
40 – 60

Strandloper – Episode 41

Nicolien en Mauritz se duikplanne loop skeef, en dít nadat albei so uitgesien het na die dag. Nicolien soek na redes hiervoor by Engela, maar die gesprek bring net verdere skok en teleurstelling. Die “hoekom”-vraag bly onbeantwoord.
Season 1 / Episode 41 10 min

Strandloper – Episode 42

Dylan kry ʼn goeie verrassing toe Oom Fred met verfblikke vir die kiosk opdaag, maar dit is ʼn ontnugtering toe oom Fred vir hom die verfkwaste aangee. Daar is ʼn groot aankondiging oor ʼn Boeresportdag. Dylan sien net dollars. Bobbi bly naar en maak ʼn bekentenis.
Season 1 / Episode 42 10 min

Strandloper – Episode 43

Engela deel haar spesiale mosselsopresep met Nicolien, maar voor sy opskep kom die ongemaklike Valentynsroos-geskenk ter sprake. Mauritz het nuus oor hoekom die strand gesluit is. Engela bieg by Mauritz oor iets wat sy voel sy liewer nie moes gedoen het nie.
Season 1 / Episode 43 9 min

Strandloper – Episode 44

Tannie Ouvrou is geskok toe sy die agterdeur vroegoggend oopmaak en ʼn beseerde Boesman daar sien. Dit word ʼn saak van lewe en dood. Oom Fred kry nuus oor Dylan, en ʼn nuwe soektog na hom begin met ʼn storieboek-einde wat almal laat glimlag.
Season 1 / Episode 44 10 min

Strandloper – Episode 45

Bobbi deel haar diepste geheim met Tannie Ouvrou, en saam besluit hulle op ʼn plan vorentoe. Die situasie neem Tannie Ouvrou terug na ʼn tyd in haar lewe wat sy liewer wil vergeet. Oom Fred neem ʼn besluit oor sy terugkeer na die losieshuis, en dinge voel weer soos van…
Season 1 / Episode 45 10 min

Strandloper – Episode 46

Willie is terug op Bloubaai en kry die jongste nuus oor alles wat in sy afwesigheid gebeur het. Van die drama by Seeredding tot Dylan se nuut ontdekte talent. Mauritz se logiese verklaring oor die helikopter wat knaend oor Bloubaai vlieg, laat egter nie die ongemaklike gevoel wat Willie hieroor…
Season 1 / Episode 46 9 min

Strandloper – Episode 47

Engela is uit haar vel van blydskap om Willie terug te sien, en sy gee hom ontstellende nuus oor die palings van Palinggat Toeristekantoor. Kaptein Van Niekerk en Willie wil Gladys inspan om te help met inligting oor Dylan se bewegings. Engela en Willie whatsapp mekaar laataand, en daar’s ʼn…
Season 1 / Episode 47 10 min

Strandloper – Episode 48

Nicolien verjaar, en dit word omtrent die aand by die losieshuis gevier saam met almal wat persoonlike verrassings bring. Die beste een vir haar is die een van Mauritz af. Boonop het die aand ʼn einde wat haar wildste drome oortref.
Season 1 / Episode 48 11 min

Strandloper – Episode 49

Tannie Ouvrou en Oom Fred hou nabetragting van die verjaarsdagviering. Tannie Ouvrou gee hom skoknuus wat sy nie langer kan stilhou nie. Wie ry agterop Nicolien se bromponie wat so styf vashou aan Oom Fred? Engela en haar dogtertjie beland in die hospitaal.
Season 1 / Episode 49 9 min

Strandloper – Episode 50

Engela probeer om vir Nicolien iets belangriks te vertel wat swaar op haar hart druk. Dit is moeiliker as wat sy gedink het. Mauritz en Nicolien begin oefen aan hulle item vir die Boeresportdag, en dit bring hom voor ʼn keuse oor hartsake.
Season 1 / Episode 50 11 min

Strandloper – Episode 51

Die Boersportdag kry skielik die wind van voor. Wat is dit met die helikopter wat steeds oor die dorp vlieg? Waarna word daar gesoek en deur wie? Willie hoor van ʼn groot seer in Oom Fred se lewe, en Tannie Ouvrou het raad.
Season 1 / Episode 51 9 min

Strandloper – Episode 52

Oom Fred kan ʼn storie só goed vertel dat die lang pad dorp toe eintlik kort voel, boonop is dit ʼn tragiese, ware storie wat Nicolien se hare laat rys. ʼn Grusame vonds wag later die dag vir haar en Oom Fred op die strand waar Willie sy hande vol…
Season 1 / Episode 52 10 min

Strandloper – Episode 53

Nicolien is nie die enigste een wat op soek is na Willie nie. Sy en hy beplan ʼn groot verrassing vir Aliyah, terwyl Mauritz dringend ʼn reëling met hom moet tref. Nicolien word uit ʼn verknorsing gehelp deur Mauritz. Dylan verklap onwetend ʼn geheim wat skok.
Season 1 / Episode 53 9 min

Strandloper – Episode 54

Tannie Ouvrou en Dylan deel bangmaakstories en bygelowe met mekaar oor babas en Bobbi se swangerskap. Dylan is diep bekommerd oor Bobbi se optrede in die laaste tyd. Engela maak haar hart oop teenoor Willie. Tannie Ouvrou kry skoknuus oor Jack de Wet se restaurant, Die Seekat.
Season 1 / Episode 54 11 min

Strandloper – Episode 55

Engela kom bedank Willie by sy kantoor vir Aliyah se spesiale tuiskomsgeskenk en gee hom nuus oor Johann, haar nuwe werksvennoot, wat Willie deurmekaarder en verwarder as ooit te vore maak. Mauritz het vir Willie ʼn geskenk in ʼn streepsak wat hom sprakeloos laat.
Season 1 / Episode 55 9 min

Strandloper – Episode 56

Tannie Ouvrou druk Oom Fred in ʼn hoek oor die ontstellende nuus wat sy gekry het oor haar personeel. Hy het immers alles gereël, en nou? Nicolien kry waardevolle raad oor Mauritz en inligting oor sy oorlede pa van Tannie Ouvrou, en Nicoline deel ʼn groot bekommernis met haar.
Season 1 / Episode 56 9 min

Strandloper – Episode 57

Dylan is erg op sy senuwees oor ʼn onderhoud met die Sweedse span argeoloë by die toeristekantoor en Engela kry in die proses ʼn onverwagse nuwe posisie. Willie kry ʼn ligte waarskuwing oor goeie bedoelings. Dylan se toekomsplanne lyk skielik rooskleurig.
Season 1 / Episode 57 10 min

Strandloper – Episode 58

Dylan bring vroegoggend skokkende nuus vir Tannie Ouvrou. Hoekom weier hy dat sy die hulp van die polisie inroep? Tannie Ouvrou maak ʼn emosionele bekentenis teenoor Engela. Dylan se kontrak met die Swede en sy toekomsdrome staan gevaar om tot niet te gaan.
Season 1 / Episode 58 11 min

Strandloper – Episode 59

Mauritz stel Nicolien voor aan een van sy nuwe kliënte wat Nicolien laat skater van die lag. Haar gemoedstoestand verander wanneer sy aan Bobbi se nuus dink. Oom Fred probeer om haar te kalmeer met sy ware storie oor die skipbreukelinge van Bloubaai.
Season 1 / Episode 59 11 min

Strandloper – Episode 60

Hoe is dit moontlik dat Jack de Wet weer die beste daarvan afkom met sy ooreenkoms oor die losieshuis se personeel? Tannie Ouvrou en Oom Fred se hewige bekgeveg word onverwags onderbreek, en ʼn bottel gemmerbier word die fokuspunt waarmee goeie nuus gevier word.
Season 1 / Episode 60 10 min
40 – 60